Skoene kry tweede kans

■ Parel Valleiers se voetspore gaan die jaar weer uitkring na die breër gemeenskap van die Helderberg. Na afloop van die laaste NSS-eksamen het Graad 12 leerders bokse vol skoolskoene geskenk aan Radio Helderberg se “STEP OUT!”-projek. Onder leiding van Annelia Preiss van Radio Helderberg sal al die skoene vroeg in 2018 geskenk word aan leerders van drie sekondêre skole: Khanyolwethu, Simanyene en Dr Nelson Mandela. Agter, van links, Tina Briedenhann, Xander Venter, Dale Keylock, Cullen Middleton, Lauren Vermaak en Abigail Sundgren, en voor, Kirsten Moffitt en Caitlin Odendaal.