Klank kasset gesoek

Hennie Gerber, Paarl

Ek is asseblief op soek na Huisgenoot se Afrikaanse Treffers Kasset Twee. Dit begin met Jurie Els se Hoe sê mens dankie en dit vervolg tot nommer 20 met Lloyd Ross se Vyfster.

Dit was ’* dubbel kasset, uitgegee gedurende 1996 deur EMI Musiek SA (Edms) Bpk.

Ek het telefonies navraag by Huisgenoot en EMI gedoen, maar hulle beskik nie oor ou voorraad in hul store nie. Is daar dalk iemand wat my kan help?

U kan my kontak by tel/faks 021 871 1708 of stuur ’* e-pos aan ashley@inknet.co.za gemerk vir my aandag.

Dankie by voorbaat.