Mzansi Makers is ’n nuwe nie-winsgewende organisasie wat endersyds opwindende geleenthede bied in die ontwikkeling van kunstepreneuers, en andersins die platform vir alle kunsvorme wil vergroot.
Alhoewel Mzansi Makers daarop gemik is om projekte op ’n nasionale vlak van stapel te stuur, wil dit met hierdie musiekreeks bydrae maak tot die bevordering van klassieke musiek op die platteland.
Johannes Slabbert, links, tree op saam met Raimondo van Staden en die pianis, Philippus Hugo, op Sondag 1 Oktober in Diemersfontein-wynlandgoed se herehuis te Wellington, die volgende konsert in die Mzansi Makers konsert-reeks.
Werke van onder meer Verdi, Lehár, Strauss, Mozart, Bizet, Lemmer en Rogers sal gehoor word.
Alle vertonings begin om 6nm.
Diemersfontein wyn is te koop voor elke vertoning en word bedien op die stoep van die herehuis.
Toegang kos R50. Vir verdere inligting, of om besprekings to maak, stuur ’* epos aan accounts@mzansimakers.co.za, of bel vir 073 435 1022.