Parel Vallei is trots daarop om hierdie jaar weer deel te wees van Radio Helderberg se Step Out!-projek. Die 2016-matriekgroep het hulle sport- en skoolskoene die week agter gelaat nadat hulle hul laaste skooleksamen geskryf het. Parel Valleiers se wens is dat diĆ© skoene hoop sal bring aan minderbevoorregte leerders in die Helderberg Kom. Radio Helderberg sal nou diĆ© skoene verpak, sorteer en vroeg in Januarie 2017 aan leerders van die volgende drie sekondĆŖre skole skenk: Khanyolwethu, Simanyene en Dr Nelson Mandela. Agter, van links, is Kyla van der Merwe, Katherine Horn, Christiaan Nieuwoudt, Jessica Hattingh, Nadine Pfeiffer en Aqua Shell; en voor, Josh Myburg.