Die Nederlandse geskiedskrywer Luc Panhuysen het in ’* nuwe boek oor ’* ou bekende in die Kaap geskryf, nl. die man na wie Gordonsbaai vernoem is: Ontdekkingsreisiger of Soldaat? Die verkenningstogte van Robert Jacob Gordon (1743-1795) in Suider-Afrika, wat deur die bekende akademikus Professor Wium van Zyl uit Nederlands in Afrikaans vertaal is.
Hierdeur het Africana Uitgewers nogmaals ’* bydrae gelewer wat nie sommer deur ander, groter uitgewers gewaag sou word nie.
Soos die bekende skrywer-historikus Dr Dan Sleigh ook aan my gesê het, verdien Africana Uitgewers krediet omdat Piet Westra, die eienaar daarvan, nie op winsbejag uit is nie, maar uit liefde vir geskiedenis sulke boekjuwele publiseer.
Bygesê, toe Mnr Westra die boek stuur, dog ek by msyself: daar is tog al ’* pragtige boek oor Gordon geskryf (waaroor ek ook al in hierdie rubriek verslag gelewer het); Robert Jacob Gordon 1743-1795, the man and his travels, deur Patrick Cullinan, in 1992, so wat is daar regtig nog te sê oor hierdie onderwerp?
Maar ek het begin lees en besef dis eerstens ’* vars perspektief op Gordon en tweedens bied die skrywer nuwe inligting – altans vir my – oor die Kaap van daardie tyd aan.
Cullinan se hardebandboek bevat 216 glansbladsye met pragtige kleurtekeninge en is visueel aantreklik, spesiaal verpak in ’* inskuif-kartonhouer en dit het my R750 gekos. Etlike jare gelede.
Panhuysen se boek kos R225 en beslaan 189 bladsye, is in ’* kleiner slapbandformaat en bevat minder kleurafdrukke, maar is meer toeganklik, nie net vir Afrikaanssprekendes nie, ook nie omdat dit in ’* heerlik leesbare styl geskryf is nie, maar ook weens die beskostigbare prys.
Wat dadelik opval, is dat Panhuysen se teks maklik lees. Dis direk geskryf en kom romanagtig voor.
Daarteenoor is Cullinan s’* meer formeel. Ek haal aan uit Cullinan se werk: “In June 1964, after having been lost for over 150 years, the journals and papers of Colonel Robert Jacob Gordon were rediscovered in the country archives of Staffordshire, England. How they arrived there is a fascinating, though poignant, story.”
Hoewel daar niks verkeerd is met Cullinan se skryfvaardigheid nie, lees ’* mens sy boek asof jy jou weg noukeurig deur ’* borshoogste rivier moet baan.
Panhuysen weer dra jou deur die rivier, op sy skouers, met Van Zyl wat vooruit loop om vir gate in die bodem te kyk. Hier is ’* voorbeeld van laasgenoemde teks se aanslag: “Middel Augustus: die reisigers was al anderhalwe maand op weg en het intussen baie gewig verloor.
“Bokant hulle was ’* kolossale diepblou hemel, onder hulle voete sand en rots en daartussen ’* sterk, droë wind.
“Die pad na die monding van die Oranjerivier het grotendeels ’* strompelpas beteken van die een watergat na die volgende.”
Dit klink amper soos ’* gedeelte uit die onlangse vertaling van Wilbur Smith se boek When the lion feeds, nou ook Donderslag, uitgegee deur Queillerie.
Nietemin, albei skrywers maak ’* welkome bydrae, sodat Gordon en sy besondere dade nie vergete raak nie.
Sy lewe het wel tragies geëindig nadat hy teen die Nederlandse owerhede gedraai het, en of hy homself geskiet het of vermoor is, is nooit bewys nie, maar sy tyd aan die Kaap was kleurvol, meestal opwindend en avontuurlik – die “Renaissance man in ongerepte Afrika”, as daar ooit een was.
Interessant dat Robert, die oudste van sy vier seuns – wat almal miltêre loopbane sou volg – ook geskiet is nadat hy teen sy eie kamerade gedraai het.
James, die jongste het glo kranksinnig geword… die Gordons was nooit vervelige mense nie. Die fraaie mev. Gordon het * á haar man se dood die Kaap verlaat en skynbaar ‘* welaf lewe gelei.
Sy is in Switserland oorlede op 82, sodat sy ’* volle 36 jaar lank ’* weduwee was.
Gordon was ’* enigmatiese figuur, amper legendaries, en ek wonder of sommige dinge nie effe aangedik was nie.
Kon hy werklik San, Khoi é* Xhosa so goed praat as wat vertel word? Nogtans, dat hy gewild was onder besoekers aan die Kaap, ongewild was onder die burgery en sy eie makkers, ’* uitstekende ontdekker was, maar dalk nie so ’* goeie militaris nie, dat hy intelligent en weetgierig was, maar naïef in sommige opsigte, en dat hy op sy dag gewis kontroversieel was en nou meer verstaanbaar is, is so, al sal hy dit nooit weet nie – Gordon moes ’* versugting na roem gehad het, anders sou hy sekerlik nie soveel opgeoffer het om die binneland te verken nie, maar ironies, was sy roem van korte duur en moes sy laaste dae donker en pynlik wees, vir hom en sy gesin.
Danksy skrywers soos Cullinan en Panhuysen nou, kan ons vandag egter verwonderd staan oor wat iemand soos hy soveel jare gelede kon vermag en nalaat.
Ontdekkingsreisiger of Soldaat? Die verkenningstogte van Robert Jacob Gordon (1743-1795) in Suider-Afrika, word aanbeveel en kan verkry word teen R225 plus R20 posgeld.
Vir bestellings of navrae, epos africanapublishers@mwebbiz.co.za of skryf na Africana Uitgewers, Pinewood Village 190, Pinelands 7405.
Bel 021 532 7590 of 083 415 7678.