Nataniël is terug op die planke by Helderberg Teatro in Somerset-Wes Saterdag Mei 11, om 11uur die oggend.
Die goeie nuus is dat hierdie optrede gedurende die oggend, plaasvind sodat senior teatergangers en ondersteuners (en Nataniël aanhangers!) wat nie graag in die aand ry nie, met groter gemak die optrede kan bywoon.
Nataniël Gesels gaan ’nuitsonderlike konsert wees met net Nataniël op die verhoog. Wat ook uniek is, is dat gaste wat nog altyd vir Nataniël iets wou vra (enige iets!) dit nou kan doen: vrae word vooraf deur die gaste in ’n houer geplaas en Nataniël antwoord vanaf die verhoog, vreesloos en kaalvuis. Daar is ook ’n opwip Kaalkopwinkel met boeke, keramiek, geskenke, kerse en kombuisolies.
Die tema van sy Gesels is, Angs, prestasie, nóg angs en sjokolade. Nataniël ondersoek hierdie fassinerende onderwerp deur sy stories, humor, deernis, vrae, antwoorde, vermaaklikheid, eerlikheid, en persoonlike oortuiging en kom tot verassende, insiggewende, selfs skokkende nuwe ontdekkings.
Kaartjies is nou aanlyn beskikbaar by www.helderbergteatro.co.za
Die Helderberg Teatro @ Doxa Deo, is geleë by die Melcksloot Village, Somerset-Wes net oorkant die Somerset-Wes inkopiesentrum.