Coreen Fourie,
Somerset-Wes
Met hierdie skrywe wil ek graag ’* ernstige waarskuwing rig aan senior burgers wat die voetpad oor Lourensrivierbrug gebruik.
Ek is Maandag daar aangerand te midde van motoriste wat by rooi verkeerslig gestaan en wag het.
My vreeslike geskree ten spyt, het niemand probeer help nie.
Gebruik liewer voertuig as voete om na Checkers of Pick * Pay te gaan.
Baie dankie aan die dame wat my na die voorval huis toe geneem het. Ek waardeer opreg die hand van uitreik.
Is daar miskien iemand of ’* klub wat klasse in selfverdediging aanbied?