Vir jare lank het die leerders van Kersboslaagte Primêre Skool in Noorder-Paarl natuurelemente soos wind, gepaardgaande met stof, reën en sontydens saalbyeenkomste en skoolfunksies verduur.
Met die onbaatsugtige en goedgunstige finansiële bydrae van Reliance kompos, BioCape druiwe en Eosta ’n Hollandse uitvoer maatskappy se“1 Sent vir die Toekoms” program, is hierdie ongerief egter vir eens en vir altyd uit die weggeruim.
Die R100 000 borgskap vir die oprigting van die veeldoelige nuwe dak tussen die klaskamers, sal voortaan nie net beskerming teen genoemde natuurelemente bied nie, maar leerders sal ook nou tydens pouses hul etes onderdak kan geniet.
Skoolfunksies wat jare lank onder die hemelruim moes plaasvind, kan ook nou onderdak plaasvind. Die skoolgemeenskap (onderwysers, ouers en leerders) wil derhalwe hul heelhartige dank en waardering teenoor Reliance uitspreek, ook vir die rol wat hul deurgans speel ’n verandering in die lewe van kinders te maak, deur die skepping van ’n positiewe omgewing, wat bevordelik is vir leer.