Hokkiespelers gekies vir toernooi

■ ‘n Groep hokkiespelers van Hoërskool Strand is gekies om in Boland-spanne in Desember aan die nasionale binnenshuise hokkietoernooi in Kaapstad deel te neem. Agter, van links, is Pieter Lambrechts, Adriaan Lambrechts (as doelwagter in ’n Westelike-Provinisie span opgeneem om aan dieselfde toernooi deel te neem), Martin Louw, Chris Langeveldt en Durand van Deventer, en voor, van links, is Antoinette Bredenkamp, Danelie Pienaar, Hanli Huisman, Tara Venter en Nia Theron.