■ Die dogters van Hoërskool Strand het op Woensdagaand 10 Mei die geleentheid gehad om saam met hul ma’s ‘n aand in die skoolsaal te geniet. Ongeveer 300 dames het hierdie geleentheid bygewoon. Dit was ‘n fondsinsamelingsgeleentheid, en die hoofspreker was Hannes van Wyk, aanbieder van die TV-program, Kwela. Op die foto verskyn Gizela Rencken, ’n Graad 9 leerder en redaksielid van die Suidooster skoolkoerant, saam met Mnr Van Wyk.