Dis nie aldag dat ’* mens ’* tawwe brandbestryder op die naat van sy rug sien terwyl hy ’* gesigbehandeling kry nie.
Maar dit is presies wat verlede week gebeur het toe die Isa Carsten Akademie in Stellenbosch van die dorp se brandbestryders met ’* gesigbehandeling bederf het.
“Ons is verheug om julle hier te kan behandel,” het me Hester-Heleen Burger, hoof van die akademie onlangs by een van die pamperlangsessies gesê. “Julle stel daagliks ’* wonderlike voorbeeld wat betref onbaatsugtige hulpverlening. As elke mens in hierdie land julle voorbeeld volg, sal Suid-Afrika ’* nog beter plek wees.”
Conrad Sidego, uitvoerende burgemeester van Stellenbosch, het die brandbestryders ook bedank.
“Daar is daagliks druk op julle om, weens die aard van jul werk, altyd iets ekstra te doen. Julle moet die ekstra myl stap.
“En soos ons weet, is daar, soos Roger Staubach gesê het, nie druk verkeer op die ekstra myl nie.
“Dankie vir julle gesindheid en die manier waarop julle jul werk doen.”
Twee van die mans wat behandelings moes kry, het egter op die laaste nippertjie besluit hulle sien nie kans daarvoor nie.
Al het hulle die hasepad gekies, het die res van die brandbestryders, insluitend die brandweerhoof, Wayne Smith, die sessie terdeë geniet.