Die 6de Proudly Porterville kunsnaweek vind die jaar plaas vanaf Vrydag 30 September tot Sondag 2 Oktober.
Poppie en Picasso, die huis en ateljee van keramiekkunstenaar Ronel Bakker, sal een van 11 wees wat hul deure die naweek gaan oopmaak vir kunsliefhebbers.
‘n Handjievol Boland kunstenaars gaan uitstal by Ronel Bakker op Driefontein Plaas.
Lisa-Marie Myburgh is ’n Somerset-Wes kunstenaar met ’n liefde vir skepping. Meestal selfgeleerd, is sy altyd op die uitkyk om haar kreatiewe grense te verbreed deur ‘n verskeidenheid mediums en akademia te verken, en vind aansporing in die natuur.
Die inleiding tot haar liefde vir kuns het begin met skets, maar het ontkiem tot die gebruik van olie verf, printmedia, stop-aksie videos, digitale kuns, en progressive literatuur studies.
Sy is aangetrokke tot enige verbeeldingryke aktiwiteite en denkprosesse, en is tans besig om haar BA graad in Visuele Multimedia te voltooi.
Jeanne Hendriks is die afgelope 20 jaar reeds n voltydse kunstenaar. Haar werk Kan gevind word in top galerye en privaat versamelings in Suid Afrika sowel as oorsee. Sy spesialiseer in baie realistiese portret studies.
The Attic is ‘n raamwinkel in Somerset Wes wat reeds sedert 2013 bestaan. Die eienaar, Susann Delport, sê dat hulle bekend is vir hul hoë gehalte vakmansskap en baie billike pryse.
Behalwe vir die raamdiens, blokwerk en strek van doeke verkoop The Attic ook opgeknapte tweedehandse meubels en kuns wat Susann invoer uit Dafoe, in Schenzen.
Susann het n goeie oog vir bekostigbare kuns ontwikkel en sy kies elke stuk persoonlik uit om aan haar kliente se behoeftes te voldoen.
Ons is dus baie opgewonde om hierdie kuns, al die pad van China in Porterville te kan uitstal tydens ons kunsnaweek.
Behalwe vir die drie Bolanders sien ons ook uit om werke van Sandra Hanekom en David Bellamy by Poppie en Picasso te siene te kry.
Ronel Bakker is ‘n keramiekkunstenaar vir die afgelope 16 jaar reeds. Haar werk is meestal funksioneel, maar altyd met n kreatiewe aanslag.
Ronel sê die stilte en ooptes wat die plaaslewe haar bied inspireer haar om haar werk organies te benader. Selfs wanneer sy nn 12 stuk eetstel maak sal geen 2 borde dieselfde lyk nie.
Elke stuk word handgemaak en geglasuur deur haarself en is daarom n vorm van kuns.
Ronel het onlangs ook begin eksperimenteer met beeldhouwerk. Sy sê dit gee haar eindelose ure van ontspan wanneer sy haarself heeltemal verloor in haar werk.
Vir meer inligting oor ander kunstenaars, deelnemende galerye en verblyf, raadpleeg as die webtuiste, www.porterville.bergriviertourism.co.za
Jy kan ook die Instagram blad @portervilletourism volg, die toerisme kantoor kontak by 022 931 3732, of Ronel kontak by 076 884 1727.