Kamp, ‘n komedie deur Ferdinand Bekker, is gebore uit Suid-Afrikaners se groot liefde vir kampering in al sy vorme en hul liefde vir die buitelewe, by die Drama Factory, Strand, op November 26, om 8nm.
Godritch en Claassen het gaan uitkamp, nie net enige plek nie, maar in ‘n afgeleë wildernis gebied. Wat kan nou lekkerder wees?
Hulle kan hul daaglikse sorge agterlaat en net as een met die natuur verkeer, maar soos enige gesoute kampeerder weet is dit nie so maklik nie.
Wat as alles nie ingepak is nie? Wat as die vuurhoutjies vergeet is? Wat as daar geluide in die nag is? Twee mans teen die wildernis, wat kan verkeerd loop?
In die rolverdeling is Brendon Daniels as Claassen. Claassen is in sy laat veertigs met ‘n vrou in haar vroeë dertigs. ‘n Rolprent vervaardiger en toep ontwikkelaar. Hy het selfs in sy jeug teater vervaardig.
Hy beskou homself as ‘n kunstenaar, maar is eintlik net ‘n sakeman. Hy speel beter golf as Godritch. Brendon Daniels is al verskeie kere bekroon vir sy teater en film werk. Hy was al te siene in Boland Moorde, Fynskrif, Sara se geheim, Four Corners en vele ander rolprente en reekse.
Deon Lotz is Godritch, ‘n man in sy vyftigs. Suksesvol in sy terme. ‘n Entrepeneur. Hy was al twee keer getroud en het 7 kinders. Ja, sewe. Die jongste is 2.
Hy beskou homself as ‘n kranige sportman, maar speel eintlik net golf. Deon Lotz was al te siene in vele rolle op die verhoog, televisie en skerm, onder andere in Die Byl, Dis koue kos skat, Legacy en Griekwastad.
Kaartjies kos R140 en R120, by www.thedramafactory.co.za