Die AfriForum-buurtwag in die Strand naamlik die Strand Patrol-buurtwag, versoek die publiek se hulp met hul voedingskema-uitreik, “Operasie Kerriepot”, waarmee hulle op die dag beoog om ongeveer 250 minderbevooregte persone in die Strand-omgewing te voed.
Die dag, vorm deel van die Afriforum se herdenking van Nasionale Patrollies, en ter herdenking hiervan, beplan die Strand Patrol-groep hierdie voedingsuitreik. Die dag word beplan vir Saterdag 9 Julie en skenkings word gevra om hierdie voedingsteiken te kan behaal.
Die kos sal op die perseel by Kays-karavaan park deur lede van die Strand Patrol-groep voorberei word. Die doel is om kos aan behoeftiges in die karavaan-park uit te deel, maar ook aan pesone in die omliggende gebiede.
Donasies benodig om soveel as moontlik mense op die dag te kan voed, sluit die volgende in: maalvleis, blikkies gemengde groente, rys, klapper, piesangs, langlewe melk, kerrie en rys-wegneem eetbakkies, eetgerei (vurke en lepels) en blatjang. Vir meer inligting of om donasies te maak kontak KC Gericke by 083 642 5333 of stuur e-pos na Safety@strandpatrol.co.za