Sprokieskarakters deel in viering van Boekedag by Bloemhof

Leerlinge van die Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch, het op Vrydag April 29, soos hul gunsteling fiktiewe karakters aangetrek ter viering van Wêreldboekedag. ’n Groot verskeidenheid gewilde, en geliefde karakters, het hul verskyning gemaak. FOTO’S: STEPHAN MEYER
Van Bloemhof se opvoeders het ook in die pret meegedeel. Van links; Ertru Hattingh het as Kaptein Sardyn aangetrek en Christo Janse van Rensburg as die karakter, Kuifie.
Rooikappie het ook haar verskyning gemaak. Carla de Jager verhelder die skoolgange in haar kostuum as Rooikappie.
Nika Spamers se kostuum as Alice in Wonderland het hope pret en plesier tot die dag se verrigtinge gevoeg.