Dis nie elke dag dat dit gebeur dat ’n klassiek-opgeleide-nou-kabaret sangeres en boonop liedjieskrywer hande vat met ’n bekroonde fluitspeler, wat al in Frankryk vir meestersklasse gaan draai het nie.
Maar om boonop ’n paar sterk manne met ’n liefde vir sing (en hulle was al om die wêreld) by te sit, is eenvoudig fenominaal.
Boonop is dit ’n Woordfees-produksie in suiwer Afrikaans: ’n wêreldreis in musiek en stories, wat diè slag gaan draai in Kanada.
Marthie Nel Hauptfleisch (aka Woman on Fire, beide Suid-Afrikaner en Kanadees) is ’n bekende gesig in Stellenbosch as filantroop, inspirerende spreker en (kan jy glo) verpleegkundige wat voetsorg doen.
Haar passie lê by liedjie skryf, al het sy opleiding as ’n mezzo-sopraan met ’n Unisa Graad 8 agter die blad, onder leiding van Magdalena Oosthuizen (wat sy verwerf het terwyl sy voltyds verpleging op Tygerberg gestudeer het).
En as jy dieper grawe sal jy hoor dat Veronica Bell haar met haar Graad 7 en Elna van der Merwe met haar Graad 8 eksamens onderskeidelik begelei het.
Marthie het al erkenning gekry vir haar liedjies in die Internasionale Liedjieskryf Kompetisie(International Songwriters Competition, Amerika) en Crescendo, ATKV.
Haar musiek word gereeld gehoor op Radio Sonder Grense, Fine Music Radio en Helderberg Radio. Interesstant is dat haar musiek ook gereeld gehoor word in lande soos Australië op plaaslike radiostasies, waar van die oud-Suid-Afrikaners agter die mikrofoon sit, om “nuwe” Suid-Afrikaners daar te vermaak (in Afrikaans natuurlik).
Saam met Leatitia Solomons is hulle Woordfeesproduksie van 2017 benoem vir ’n trofee.
Leatitia sing dan ook van haar musiek in haar Woordfeesproduksie Klagtes en gedagtes. Marthie het onlangs in Nashville, Tennessee gaan draai om skouers te skuur met die baanbrekers in onafhanklike musiek (Cdbaby, YouTube, Berkley College) en het baie begeesterd teruggekeer.
“Ek is baie opgewonde oor die nuwe produksie Drink hulle tee in Kanada? Hier is waar my hart eintlik lê: om vir Suid Afrikaners, wat al oor kontinente heen gereis het, te sing.
“Dis nie maklik nie, want Suid-Afrikaners is nie ‘groepie’ mense nie en hulle klim vinnig tot by die hoogste sport in hulle veld, wat beteken hulle bly baie besig.
“Maar dit is my droom: dat mense hulle roeping in die lewe sal vind en dit sal uitleef: veral mense wat in Afrika-grond gebrei is.”
Marthie se nuutste albums sluit in #Afrikaans #Sonder Grense en Living The Dream.
“Onthou om jou teemussie te bestel en saam huis toe te vat! Dis hoe ons werk skep in die dorp. Stellenbosch gaan die res van die land wys hoe maak ons om plaaslike talent te gebruik om ’n inkomste vir die gemeenskap te genereer. Daar is nog baie teemusse wat die wêreld moet in as ’n simbool van hoop,” sê Marthie.
Stellenbosch United Brothers van Kayamandi bestaan net sedert 2014 , maar het al klaar diep spore getrap in die plaaslike musiekwêreld: van ’n Liggiefees-optrede in Desember 2017, tot ’n TV verskyning op Masimbonge Gospel Show, KZN TV kanaal in Januarie 2018.
Simpra Nothanga is die groepleier, en as jy met hom gesels, kom jy gou agter sy passie is nie net die musiek wat hulle skryf en maak nie: hulle is die musiek wat sing en dans.
Ook verstaan hy dat musiek ’n medium is wat hoop gee, en dis hoekom hulle dan ook jong manne intrek by die oefen en optree-
sessies om hulle ’n kans te gee om positief beinvloed te word deur hulle geesgenote. Simpra was deel van die welbekende groep Abaqondisi Brothers, en hulle het ondermeer lande besoek soos Engeland, Nederland, Duitsland en Mauritius.
In sy eie woorde: “Ons hoofdoel is om jongelinge met talent geleenthede te gee om hulleself in die musiekbedryf te vestig en om die jeug besig te hou sodat middelafhanklikheid en ander probleemgedrag nie ’n opsie is nie: jou moet opdaag, betyds wees, professioneel lyk en jy hard werk. Dit is alles waardes wat ons as groep onderskryf.”
Die hooflede van die groep is Sipho Nothanga, Mxilisi Senti, Xolisa Nosasa, Mayenzeke Nogemane en Alvis Ndalasi. Vir die produksie gaan die groep, wie se klank sterk herinner aan Ladysmith Black Mambazo, selfs bietjie Afrikaans sing.
Hulle droom om tog een jaar deel van die Woordfees te wees, word dan hierdie jaar bewaarheid. En daarna mik hulle vir nasionale sowel as internasionale hoogtes.
Hulle het ook alreeds ’n tweede album onlangs vrygestel, en was deel van die Born in Africa produksie van Stellenbosch musikante wat hulle talente saamgesnoer het in ’n album(beskikbaar op iTunes).
Thomas de Bruin is ’n boorling van Pretoria, en spog met ’* B.Mus cum laude in fluit – na ’n jaar in Lyon, Frankryk – waarna hy ’n musiekbeurs losgeslaan het.
Hy het al sy verskyning gemaak vir produksies soos Madame Butterfly, Figaro en Don Giovanni in die Staatsteater, om maar net ’n paar op te noem, as lid van Die Johannesburgse Feesorkes.
Thomas het ook onlangs ’n solo album die lig laat sien – Unvoiced -wat sy virtuositeit as fluitspeler ten toon stel met bekende liedjies soos Kinders van die wind en I will love you for a thousand years.
Maar miskien lê sy grootste talent in hoe maklik hy sonder bladmusiek speel.
Saam met Marthie het hulle al saam twee produksies die lig laat sien, Psalms van ’n Huisvrou en Geseënde Kersfees. In sy eie woorde: “Saam met Marthie weet jy nooit wat volgende kom nie, maar jy weet dit gaan opwindend wees en iets buite die boks.”
Huiskonserte is waarvoor hy ’n passie ontwikkel het in sy tyd in die Wes Kaap: “As mens eers die mooi klaviere en spasies in die Kaap ontdek het, kan jy nie anders as om daar ’* konsert vir ’n intieme waarderende gehoor van 30 te wil hou nie.”
Hy span dan ook kragte saam met bekende pianis Albert Combrink en tjelis Ariella Caira van Sterling EQ as Trio de Musique, wat veral gewild is vir korporatiewe funksies en troues.
Marthie, Thomas en Stellenbosch United Brothers is te siene in Drink hulle tee in Kanada? by die Drostdy Teater in Stellenbosch, op Vrydag 2 Maart en Sondag 4 Maart, as deel van die Woordfees. Kaartjies is R120, by Computicket.