Heloise Burger, Stellenbosch
Paasnaweek 2024 het as ’n baie hartseer naweek geeïndig vir die jong wynmaker van Joostenberg Wyne.
Mia Burger is gebroke met die afsterwe van haar geliefde- Max- die 8 jarige Husky/Labrador met die aanvang van die Paasnaweek. Mia werk as assistent wynmaker by Joostenberg Wyne en het die dag haar 26ste verjaardag gevier.
Sy het Woensdagmiddag Maart 12.30 met middagete gesien daar is groot fout met Max. Hy kon nie opstaan nie en het swaar asem gehaal. Die veearts by Stellenbosch Dierehospitaal het gesê hy moet dadelik ingebring word. Aanvanklik is vermoed dat hy moontlik bosluiskoors onderlede het.
Met aankoms by die veearts op Stellenbosch kon Dr Franken skaars ’n hartklop of pols voel. Na verskeie toetse gedoen is was dit 99% bevestig dat Max deur ’n slang gepik is. Teengif is binneaars toegedien en almal het gehoop en gebid vir ’n wonderwerk. Max het oornag by die dierehospitaal maar is die volgende oggend 6uur oorlede. Max was Mia se hele bestaan en beste vriend. Beide het die lewe op die plaas met oorgawe geniet.