Hennie Gerber, Paarl
Met die oog op die Labori GolfDag Donderdag Oktober 3 te Boschenmeer, wil ek as leerder van Hoër Handelskool die Hoërskool Labori, met Mnr J Batt as skoolhoof, en almal by die golfdag, baie sterkte toewens vir die dag. Mag dit ’n hoogtepunt op die feesjaar 2019 program wees.
Deel van die 90 jaar – toe dit nog net Hoër Handelskool, Paarl, was – is onder andere: Gedurende die laat jare sewentig het die SAUK klankargief ’n dubbel langspeelplaat uitgereik wat deur Gerhard Viviers en Heinrich Marnitz saamgestel is.
Wanneer die arm van die platespeler, Blaupunkt L75 Lenco 4 spoed nl. (1)16 (2)33.3 (3)45 en (4)78 omwentelings per minuut, sak, sê wyle Gerhard Viviers (Spiekeries): “In 1972 is Gary Player nie net sportman van die jaar nie, maar ook sportman van die dekade. Hy is aan die woord. ‘O die dinge van Suid-Afrika is hierdie mense, jy weet, jy kry nou en dan die Engelsman wat sê: ‘The stupid Dutchmen’ of die “damn Jew”, jy kry die Afrikaner wat sê: ‘Die slegte rooinek’ of ‘die slegte Jood’, of so iets en ek word vies daaroor, want ons is ’n klein land. Ons moet dit onthou, ons is ’n klein land en ons moet saam werk in hierdie land.
“Ons het sonder twyfel, ek het oral die wêreld gereis, en ons het sonder twyfel die beste land in die hele wêreld en ek meen die mense in Suid-Afrika moet dit onthou en ons moet saamwerk en ek is seker en as ons saam werk dan het ons ’* baie, al wat jy kan sê, ’* uitstekende toekoms.”
Mag dit in die woorde van die golf legende, Gary Player
“ ’n Uitstekende golfdag wees” as deel van feesjaar 2019.