Hannelie Koekemoer, Huis Soeterus, Strand
ACVV Huis Soeterus is ’n nie-winsgewende tehuis vir bejaardes.
Ons is grootliks afhanklik van fondsinsamelingsprojekte deur die jaar en op Saterdag 10 Maart is dit ons jaarlikse basaar.
Indien moontlik, vra ons vir donasies uit die gemeenskap om by te dra tot ’n suksesvolle fondsinsamelingsprojek. Indien die gemeenskap vir ons van enige donasies kan voorsien, sal dit opreg waardeer word.
Elke bydrae maak ’n groot verskil in die lewe van ons bejaardes. Indien u nie ’n donasie kan maak nie, maar wel as ’n vrywilliger vir ons op die dag kan uithelp, kontak ons gerus by 021 853 7423.
Moontlike bydraes of donasies behels:
Tuisgebak: koeke, terte, klein koekies, koeksisters, fudge, beskuit ens.
Bestanddele: koekmeel, suiker, olie, eiers, melk, botter, jellie, kitspoeding, vla, hoender, maalvleis
Handwerk: breiwerk, hekelwerk, naaldwerk, enige tweede-handse items of meubels uit die motorhuis wat nie meer gebruik word nie.
Verpakkings- materiaal vir verkope: foam bakkies, sakkies, houertjies of boksies, plastiek sakkies ens.
Ons sien uit daarna om die gemeenskap by ons te verwelkom. Die basaar begin om 9vm, kom kuier lekker saam en bring die kinders.
Daar gaan ’n springkasteel en lekkergoed vir die kleinspan wees.