Boeke vir kinders

Karel Dampies, ’n gemeenskap werker vir die Drakenstein en Kaapse Wynland, het onlangs boeke ontvang wat hy gaan gebruik vir die gemeenskap se kinders. Karel wil hiermee die kinders ook bewus maak van die belangrikheid van lees, en om lede te word van die biblioteek, en hoe om navorsing te doen. Karel is ook ekretaris van die Vriende van die Biblioteek, en lid van die Vriende van die Museum.