Oktober by die Bôrdienghuis

Op Donderdag 15 Oktober gaan Deon Meiring, optree. Kaartjiekoste beloop R130. Op Vrydag 16 Oktober is Pierre van Schalkwyk op die verhoog. Kaartjies kos R100. Op Saterdag 17 Oktober open die Suidooster-fees in samewerking met die Breytenbach Sentrum. Bywoning geskied voorlopig op uitnodiging. Op Vrydag 30 Oktober sluit ie maand af met Bottomless Coffee, met Lourens and Esté Rabé, regs. Die vertonings begin 7nm, maar soos altyd, val 5nm in om die atmosfeer van die Bôrdienghuis en die fabelagtigheid van die Tuin van Digters te geniet. Alle besprekings kan per Whatsapp by Alma Nel gemaak word, op 082 964 9352.