Vonkelwyn, spesialiskase, “voedsel met integriteit”, Konsortium Merino-lamsvleis, sagtevrugte, dubbelgoue-Veritas-wyne, asook Standard Bank Chenin Blanc Top 10- en ander wyne is van die proe-ervarings wat op fynproewers wag tydens die vyfde jaarlikse Agri-Expo Landbouproe-reeks by die Toyota US Woordfees van Vrydag 6 Maart tot Sondag 15 Maart op Stellenbosch.
Dié reeks vervat vanjaar agt pas-en-proe-sessies met bekende kos- en wynkenners.
Vrydag 6 Maart, 12vm: Proe Standard Bank Chenin Blanc Top 10 Challenge wenners.
Saterdag 7 Maart, 12vm: Konsortium Merino en Veritas-wyne.
Sondag 8 Maart, 12.30nm: ’N Viering saam met J.C. Le Roux.
Woensdag 11 Maart, 12vm: Fairview-proe saam met Charles Back.
Donderdag 12 Maart, 12vm: Die invloed van terroir op pinotage.
Vrydag 13 Maart, 12vm: HORTGRO Sagtevrugtefynproe.
Saterdag 14 Maart, 1.15nm: Voedsel met integriteit.
Sondag 15 Maart, 12vm: Proe die wyne van Spier.
Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte, sê dat Agri-Expo die beeld van landbou op opwindende maniere bevorder. “Hierdie inisiatief by die Toyota US Woordfees, in samewerking met ons
vennote die Chenin Blanc Assosiasie en Standard Bank, Konsortium Merino en Veritas, JC Le Roux, Fairview, Cape Vintners Classification, HORTGRO, die Veldvleisvereniging van SA (GFASA) en Spier Wines, skep ’n toeganklike en vermaaklike platform om landbou aan ’n wyer gehoor bekend te stel.
“Landbou is ’n vertoonvenster van kreatiewe kunsvorme, daarom is dit gepas dat Agri-Expo ander kunsvorme en landbou bymekaar uitbring tydens die Toyota US Woordfees.”
Al die proe-sessies vind by Die Khaya in Ryneveldstraat, Stellenbosch plaas. Kaartjies wissel tussen R130 en R180. Slegs 70 kaartjies per proe-sessie is by Computicket beskikbaar.
Besoek www.woordfees.co.za en www.agriexpo.co.za vir meer inligting.