Dagbreek straatmyl

Die Dagbreek straatmyl vind Woensdag 27 Februarie, om 6nm, in Victoriastraat, Stellenbosch plaas.

Die Dagbreek straatmyl vind Woensdag 27 Februarie, om 6nm, in Victoriastraat, Stellenbosch plaas. Daar is sewe wedlope wat in 12 afdelings aangebied word. In die PNA Skole-wedloop is daar ‘n onder13-wedloop bygevoeg vir seuns en meisies – benewens wedlope vir onder-15 en onder-19. Daar is ’n  wedloop vir meesters (bo 45), ‘n mans en vroue ope-kategorieë, en die hoof-item van die aand is die elite-wedloop, waaraan twee atlete wat Suid-Afrika by die Olimpiese Spele verteenwoordig het, Johan Cronje, die Suid-Afrikaanse rekordhouer in die myl (3:50.70), en Rynardt van Rensburg, sal deelneem. Die unieke, en sovêr bekend, die enigste skaatsplank myl “wedloop” in Suid-Afrika sal ook plaasvind. Daar is ook pryse vir die skole met die meeste deelnemers en beste prestasie. Die inskrywingsfooi is R30 en word gedoen voor Dagbreek Manskoshuis in Victoriastraat. Atlete spring bo in Victoriastraat weg. Kontak vir Francois Fouche op 083 368 5948 of info@straatmyl.co.za vir meer inligting.