PV se wetenskap leerlinge presteer

■ Negentien van Parel Vallei Hoërskool se Graad-10 fisiese wetenskappe leerlinge het deel geneem aan Eskom se Fisiese Wetenskappe Ekspo, onder die Stellenbosch streek. Dertien medaljes en drie spesiale pryse is deur die Parel Vallei span ingepalm. Agter, van links is Marcello de Freitas, silwermedalje; Jason Holmes; Ryan Beavon, silwermedalje; Evan Slabbert, silwermedalje; Jason Theron, bronsmedalje; en Emile Burger, bronsmedalje. Derde ry, van links is Shane Oteng, silwermedalje en ’n spesiale prys vir beste senior navorsingsprojek in dierewetenskappe, veeartsensnykunde of mariene dierewetenskappe; Varun Kalidindi; Daniel Wykerd, gouemedalje en spesiale pryse vir beste senior navorsingsprojek in elektroniese en elektriese ingenieurswese en algeheel beste navorsingsprojek deur ‘n seun; en Wielan du Plessis. Tweede ry, van links is Danielle Kleyn, silwermedalje; Shannon Swanepoel, bronsmedalje; Sébastien Toussaint, bronsmedalje; Grace George; Dylan Janse van Rensburg; en Nico Olivier, bronsmedalje. Voorste ry, van links is Jenna Petersen, silwermedalje; Patricia Potgieter, bronsmedalje; Megan Jolly, bronsmedalje; Dané de Villiers, silwermedalje; en Megan van Wyk. Daniel Wykerd is aangewys om aan die internasionale kompetiesie deel te neem.