Kunsuitstalling

■ Die Kunsvereniging Stellenbosch se uitstalling, wat Saterdag in die Hofmeyrsaal, Kerkstraat, Stellenbosch, geopen het, het altesaam 230 kunswerke van lede van die kunsvereniging, asook werke van vyf gaskunstenaars, Jeffrey Appollis, Jacques Dhont, Marieke Prinsloo-Rowe, Strijdom van der Merwe en Marlene von Dürckheim. Die uitstalling duur tot Saterdag 7 Oktober. Rig navrae aan 021 808 3668. Op die foto is Jeffrey Appollis met sy kunswerk, Paarlberg, saam met Margot Steyn en Hettie de Klerk.