Bobaas toutrek

Hoërskool Strand se toutrekspanne het plaaslik in die Helderberg-kom aan junior toutrekkompetisie op Saterdag 2 Februarie, op die Charles Morkelgronde se rugbyveld deelgeneem.

Hoërskool Strand se toutrekspanne het plaaslik in die Helderberg-kom aan  junior toutrekkompetisie op Saterdag 2 Februarie, op die Charles Morkelgronde se rugbyveld deelgeneem. Na die vorige dag se onsmaaklike winderige weer is toutrek uit die boonste rakke in byna perfekte toutrekweer gesien. Strand se trekkers het hulle deel gedoen en al die seunspanne het hul gewigsafdelings (520kg, 560kg en 600kg) gewen, terwyl die 480kg span tweede plek verower het.  Die gemengde 520kg-span (vier seuns en vier meisies) het ook hul afdeling gewen. Een van die seunspanne, bo, laat die stof staan op pad goud toe.