Hoekom is die blomme nou gesny?

Wiidmar Jordaan, Strand

Ek wil graag weet wat is die munisipaliteit se rede waarom die pragtig groot uitgestrekte plaat geel blommetjies op die oop stuk grond op die hoek van Da Gamastraat en Faganstraat in die Strand weer afgesny is.

Dit was so ’* pragtige gesig binne loopafstand van my huis af en dit was ’* plesier en genot om daar te stap en die blommetjies wat bankvas staan, te geniet.

Nou hoef ek nie Weskus of Namakwaland toe te ry om plate mooi blommetjies te gaan kyk as dit hier voor my deur is nie.

Dit is nie die eerste keer dat die munisipaliteit se werkers daardie mooi toneel uitwis nie.

Hoekom?