PV leerders neem deel aan bekende bergfietsresies

Van links: Mnr Francois du Toit (PV-fietsryhoof), Gabi Schulz, Jean-Marc de Beer, Vincent Buter, Alex Schulz. Voor: Nikalau Volsteedt. Afwesig: Jean-Marc Surridge.

Sewe van Parel Vallei (PV) se fietsryers het Saterdag Mei 1 aan die Paarl MTB Challenge deelgeneem.

Die span se prestasies was as volg:

•Angeliq Coetzer behaal ‘n 1ste plek in 40km-afdeling en is ‘n SA-kampioen.

•Nikalau Volsteedt behaal ‘n 2de plek in die 20km-afdeling.

•Jean-Marc de Beer behaal ‘n 1ste plek in die 40km-afdeling.

•Gabi Schulz behaal ‘n 5de plek in die 40km-afdeling.

•Vincent Buter behaal ‘n 7de plek in die 60km-afdeling.

•Jean-Marc Surridge behaal ‘n 13de plek in die 60km-afdeling en Alex Schulz is 20ste in die 60km-afdeling.

PV se fietsryspan gaan ook weer Saterdag Mei 22, deelneem aan die eerste kompetisie van die Spur Skole MTB-resiesreeks. In 2019 was PV se span aangewys as die Top Gemengde MTB-span in die Wes-Kaap.

Angeliq Coetzer is ’n SA-kampioen!