Hoërskool Strand leerder, Martin Theron, het gedurende die Maart-vakansie aan die Wes-Kaap Swem se interprovinsiale vlak 1 kampioenskap deelgeneem. Hy het in agt individuele items deelgeneem en soos volg gepresteer:
200m vryslag – 1ste plek
50m vlinderslag – 1ste plek
100m vlinderslag – 1ste plek
100m rugslag – 3de plek
200m individuele wisselslag – 3de plek
100m vryslag – 4de plek
50m rugslag – 5de plek
50m vryslag – 8ste plek
Hy het ook in twee aflositems – gemengde 200m vryslag en seuns 200m vryslag – brons medaljes verower.
Martin is gekies as deel van Cape Town Metro Aquatics span om die Wes-Kaap te verteenwoordig, van Donderdag 11 April tot Saterdag 13 April, aan die Eden Junior Uitnodigings Kampioenskap in Knysna.