Hoërskool Strand seevier

Op Saterdag 25 Januarie het Hoërskool Strand se  eerste krieketspan Hoërskool Parel Vallei met 78 lopies geklop. Op drie lopies vir die verlies van twee paaltjies het die Strand gewankel, maar danksy ‘n  beurt van 61 deur die kaptein, Henco Stofberg, het die Strand 168 lopies aangeteken. Guillaume Jansen met 32 het hom goed ondersteun. Daarna het Chris Jurgens ses paaltjies vir slegs ses lopies geneem. Hierdie graad 10-leerder het een van die allerbeste boulvertonings in die Strand se geskiedenis gelewer.