Goud en silwer vir PV

Christopher Gouws en Jayden Daniels.

Christopher Gouws en Jayden Daniels, lede van die 15-tal Parel Vallei Hoërskool atletiekspan, wat deelgeneem het aan die Noord-heuwel Top 15- atletiekbyeenkoms, wat aangebied is by die Universiteit van Johannesburg se atletiekstadion op Saterdag 6 en Sondag 7 Februarie, met hulle medaljes: Christopher met goud vir hoogspring en Jayden met silwer vir 300m hekkies. Die PV-span het 25ste geëindig uit 44 spanne, met ‘*  gemiddeld van 820 punte.