Wiskunde in Aksie wenners

■ Nicolas Smit en Markus Nel van Laerskool Eikestad is op Saterdag 20 Oktober by die Universiteit van Stellenbosch aangewys as onder die top 30 wiskunde leerders in die Wes-Kaap streek. Hulle moes meer as 3 100 leerlinge uitstof om die prestasie te behaal in die Wiskunde-in-Aksie kompetisie. Dit is ook Nicolas se tweede agtereenvolgende jaar wat hy hierdie prestasie behaal.