Wiskunde deskundiges

Mieke van der Merwe, Dylan Swarts, Chris Langeveldt en Jolene le Roux.

Drie Hoërskool Strand leerders – Dylan Swarts, Graad 9, Jolene le Roux en Mieke van der Merwe, Graad 11 – wat op 25 April aan die Wiskunde-kompetisie van die Universiteit van Kaapstad deelgeneem het, is na aanleiding van hierdie kompetisie genooi om aan die Uitnodigings-olimpiade deel te neem. Chris Langeveldt is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as een van die top 20 presteerders in die Wes-Kaap in Die Burger se aanlynwiskunde kompetisie, en is genooi om op 27 Julie aan die finale rondte deel te neem.