Wen met idiome

Wenners van die 2018 Skerpskryf Taalmuseum kompetisie, van links, Lathan van Wyk, Naomi Bruwer (LitNet), Samantha Klaas, Jean Oosthuizen (LitNet), en William Sezoe.

Die “Skerpskryf in Afrikaans” is ’* skeppende skryfkompetisie vir Graad 7-, 10-, 11- en 12-leerders van Drakenstein.

Inskrywings is gratis. Die kompetisie word aangebied deur die Hugenote Gedenkskool in Dal Josafat in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument.

Deelname is maklik en tot voordeel van elke leerder wat in Afrikaans skryf – dit sal boonop help om belowende jong skrywers te identifiseer.

Die finaliste en hul onderwysers sal genooi word na ’* prysoorhandiging by die Hugenote Gedenkskool op 19 Oktober waar hulle ook sal deelneem aan ’* werksessie met bekende skrywers, joernaliste en blogskrywers oor die vele aspekte van skryf in Afrikaans.

Daar is twee kategorieë, een vir alle Graad 10-, 11- en 12-leerders in Drakenstein en een vir Graad 7-leerders van landelike skole in Drakenstein. Deelnemers moet die volgende doen:

Beskryf in een sin wat ’* idioom is;

Skryf 10 Afrikaanse idiome neer; en

Skryf ’* opstel van maksimum 200 woorde (Graad 7) of 300 woorde (grade 10, 11 en 12) waarin die betekenis van een van die skrywers gekose idioom uitgelê word.

Die algehele hoërskoolwenner kry R1 000 kontant asook ’*
R1 000-koopbewys vir Afrikaanse boeke. Die twee wenners in die skeppende en taalkundige afdelings wen elk R500 kontant asook ’* R500-koopbewys vir Afrikaanse boeke. Die algehele laerskoolwenner kry R500 en die eerste twee naaswenners R300 en R200 elk. Al drie wen ook ’* boek as prys. Die ses wenners se skole ontvang ook elk ’* koopbewys van R500 vir Afrikaanse boeke.

Die persone wat die wen-inskrywings aangemoedig het, sowel as die onderwysers wat die meeste inskrywings instuur, ontvang elk R500.

Leerders kan by hul Afrikaansonderwysers uitvind hoe om in te skryf of op www.taalmonument.co.za kyk.

Wenners van die vorige jare kan weer inskryf, maar sal nie in aanmerking kom vir pryse nie. Inskrywings moet teen 26 Julie ingehandig word by Janine Brown in die Taalmuseum te Pastorielaan 11, Paarl.

Vir navrae en elektroniese inskrywings, kontak haar op 021 872 3441 of opvoeding@taalmuseum.co.za