Die Liebrecht Galery in Somerset-Wes sluit sy tiende verjaardagvieringe af met ’n uitstalling met die titel Dit is die maand Desember wat gepas op Vrydag 1 Desember open. Die titel is ’n terugverwysing na Leipoldt se bekende Dit is die maand Oktober, maar dis ook die eerste reë* van een van die sonnette wat die kurator die afgelope jaar geskryf het:
Dit is die maand Desember
Die blinkste, blinkste maand
Besteding slegs getemper
deur die waardelose rand
Dit is die maand Desember
Vir meeste bonustyd
Geen afswaai plaas ‘n demper
op jaareinde-jolyt
Die jaar se twaalfste maand
Dissipelskap trek rente
Apostels op die strand
ontvang nou dividende
Dit is die maand Desember –
Die maand * ét na November
Die deelnemende kunstenaars is Jaco Benade (Port Elizabeth), Janet Botes (Wildernis), Corlie de Kock (Knysna), Wendy Gaybba (Durbanville), Rachelle Hugo (Strand), Juria le Roux (Kuilsrivier), Adele Potgieter (Pretoria), Frieda van Zyl (Durbanville) en Ingrid Winterbach (Stellenbosch). Die uitstalling bestaan uit ongeveer 50 kunswerke, en duur tot einde Januarie 2018.
Kontak vir Avril Gardiner by 021 852 8030.