Die mees kenmerkendste verrassing in vanjaar se Drakenstein-munisipale verkiesingsuitslae is die Good-party se derde plek posisie, wat met vanjaar se stempersentasie van 6.10%, die 2016-EFF uitslae van 2.36% geklop het.
Die DA behou steeds sy setel met 56.12%, maar dit is ‘n daling van hul 2016, stempersentasie van 66.02%. Die ANC behou steeds tweede plek met 20.2%.
Vanjaar maak die Vryheids Front Plus (VF) ook vordering in dié munisipaliteit met 4.78% wat hulle in vierde plek plaas, teenoor die party se vorige 0.69% in die 2016-verkiesing.
Die VF Plus word gevolg deur die nuut gestigde politieke party, Concerned Drakenstein Residents (CDR) in vyfde plek met 2.83%.
Die CDR skop vanjaar ook skokkend, die ACDP uit hul 2016-vierde plek en die christelike party skuif vanjaar met 2.08%, af na vyfde posisie.
Ander verrassings in die Drakenstein kiesersuitslae is die prestasie van die Patriotic Alliance wat met 1.30% van stemme, kort op die hakke van die EFF is, met die laasgenoemde se verwerf van 2.04% kiesers stemme.
Die DA wen 36 raadstoele, die ANC 13 en Good het 4 stoele in die munisipale raad verower. Kiesersgetalle toon 111 663 kiesers het ten gunste van die DA gestem, die ANC het 39 834 stemme verower en Good het 12 140 van die stemme ingepalm.
Die VF Plus het 3 stoele gewen, asook die CDR, terwyl die ACDP, EFF, Patriotic Alliance(PA), ICOSA, the Pan Africanist Congress of Azania (PAC), en Al Jama-ah elkeen ‘n stoel op die raad gewen het.
In die beheer van wyke het die ANC se grootste ondersteuning uit Wyk 31 gekom, met kleiner persentasies uit wyke 5, 6, 8, 9,12, 14, 16 en 32. Die ANC het in Wyk 31, 34.66% stemme gekry, naelskraap teenoor die DA se 39.1%
Die VF Plus het die meeste steun in Wyk 18 geniet met 12.91%. Die politieke party wat die swakste gevaar het in die Drakenstein is die National Freedom Party wat net 0.41 stemme gekry het.
Vir meer inligting, besoek www.elections.org.za