Wilma Wessels, Somerset-Wes
Ek was verlede Donderdag daar vir die hernuwing van my bestuurderslisensie.
Half-ag in die tou buite geval, gewapen met al die nodige dokumente, bewyse, vorms en foto’s. So tien mense voor my.
Toe die deur oopmaak agtuur, gaan ons in en ek haal gelukkig nog die tweede ry stoele. So sit ons toe en wag ons beurt af, en halfelf stap ek daar uit.
Ek verstaan dat daar net een oogtoetsmasjien is wat werk, maar die personeel is nog steeds te min; die arme mense werk eenstryk deur en kry skaars kans om ’n slukkie tee of happie van hul broodjie te neem.
En nogtans bly hul vriendelik en geduldig. Asseblief Stad Kaapstad: gee vir ons nog mense hier.