Vergete helde het die weg vir bekendes voorberei

Laas week het ons oor ikone gepraat – Eugène Marais, C.J. langenhoven en Sangiro (A. A. Pienaar), en ’n mens sou ’n lang lys kon byvoeg; mense wat veel gedoen het om ’n klein, dikwels bedreigde volkie-in-wording braaf en trots te laat voel.

So was dit natuurlik nog altyd in die groter storie van die mens.

Legendes, mites, sprokies … en gewoonlik steek daar heelwat waarheid in selfs die mees fantastiese sage: iewers het die skrywer of eerste verteller ’n saadjie benodig wat ons “inspirasie” noem, sodat dié storie kan blom.

Die Engelse het o.a. vir Koning Arthur en Robin Hood en die Germane anderkant die Engelse Kanaal het vir Beauwulf en Siegfried gehad.

Toe ek ’* kind was het my ma vir my uit die reeks Kinders van die Wêreld gelees, sulke dik groen bundels met goue letters op die omslae. Ek het hulle nou nog. Ook die AKE of Afrikaanse Kinderinseklopedie en later het ek Kennis en Lantern ook ontdek, en Engelse boeke en tydskrifte, soos Look and Learn.

Ek het hulle net soveel geniet as die strokiesboeke soos Beano en Wizard, en hulle eweknieë Patrys, Vonk en Jongspan, waarin die meer moderne helde en legendes gefigureer het.

Nietemin, terug na die helde van weleer. Dis opvallend dat sommige helde die toets van die tyd oorleef het en ander het geleidelik weggebleik soos hulle van ou soldate sê (“simply fade away”). Een so ’* verbleikte held was ’* man genaamd Louis Meurant (1811-1893); nog nie heeltemal weg nie, maar amper.

So, wie was hy? Die vermaarde literator G.S. Nienaber het ’* boekie oor Meurant saamgestel, getiteld Louis Henri Meurant ’* vroeë Afrikaanse joernalis (1968).

Daarin vertel hy dat Meurant in die 19de eeu ’* joernalis, drukker, taalaktivis, parlementariër, akteur, dramaturg, magistraat en die eerste persoon was wat ’* “ernstige gebruik” van Afrikaans as skryftaal gemaak het.

Onder die skuilname “Platje Wysneus” en “Elsie Beuzemstok” publiseer hy in die 19de eeu verskeie briewe en samesprake oor aktuele sake.

Sy reeks Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar over het onderwerp van afscheiding tusschen de Oostelyke en Westelyke Provincie word in 1861 gebundel, en word (ten spyte van die Nederlandse titel) as die eerste Afrikaanse boek beskou.

Ironies; Meurant se vader was ’* Switser en sy moeder ’* Brit.

Hulle is oorlede toe hy veertien jaar oud was en hy is toe aangeneem. In 1831 het hy met sy stiefsuster Charlotte Smit getrou (langs wie hy in 1893 in die Meurant Historical Cemetery begrawe is).

Onder Meurant se vriende het ’* aantal teatermense getel, o.a. die taalpioniers J. Suasso de Lima en C.E. Boniface, en hy het waarskynlik sommige van hulle eerste pogings om in Afrikaans te skryf gepubliseer.

Hy was saam met Frederick Rex (die seun van George Rex), waarskynlik die mede-outeur van die satiriese stuk Kaatjie Kekkelbek terwyl hy in Grahamstad gewoon het.

Dié werk word beskou die eerste voorbeeld van geskrewe Afrikaans en beslis een van die vroegste in dramatiese vorm.

Meurant se literêre karakters, soos “Klaas Waarzegger”, het later as modelle vir ander baanbrekers soos Melt Brink, C.J. Langenhoven en D.C. Postma gedien. Meurant was dus nie slegs ’* pionier nie, hy het ander geïnspireer om in sy spore te volg.

Langenhoven word bestempel as die man wat die volk laat lees het – hoewel sy eerste boek Republicans and sinners: The Everlasting Annexation, A First Guide to Afrikaans (1919) in Engels was, maar Meurant het die weg voorberei.

In Prof. Nienaber se boek word Klaas Waarzegger se geskrifte aangebied, in die oorspronklike teks wat meer soos Nederlands as Afrikaans lyk.

Onderwerpe wat Klaas aange-pak het was o.a. die inwyding van kerke, federasie, raad aan boere en “parlementêre briewe.”

Hierin het Meurant deur sy karakter Klaas kommentaar op politieke en sosiale aangeleenthede gelewer.

Dis natuurlik nie ’* oorspronklike strategie nie – baie van die sprokies wat ek vroeër genoem het, het dieselfde doel gehad en die slenter kom in omtrent alle kulture voor.

’* Voorbeeld in Afrika-kulture is die slim dierekarakter Hasie, wat dikwels sy bekkie uitgespoel het oor Koning Leeu, oftewel die werklike koning of opperhoof van die gebied waar die storie vertel is.

Soms was die subversiewe karakters fiktief, soms * íé – soos ook in die boeke en tydskrifte wat ons in ons kinderdae gelees het, en soortgelyk aan wat ons kinders ook lees, en hopelik * úlle kinders. Hopelik. Dit sal inderdaad tragies wees indien die werk van bekende baanbrekers soos Langenhoven, na wie die Studentesentrum op Stellenbosch terloops vernoem is, nietig gemaak sou word deur ons en ons nageslagte.

En om een of ander rede voel ek dit sou selfs nog méér tragies wees indien die werk van minder bekendes soos Meurant ook * á net ’* eeu of wat ongedaan gemaak word.