Günther von Fintel,
Lourensberg,
Somerset-Wes
Die bydrae van Coreen Fourie (“Lourensrivier brug ‘hotspot’”Bolander, 9 Oktober), waarin sy berig oor die dag toe sy by die Lourensrivierbrug aangerand is, het my laat terug dink toe ek in Maart 2019 hierdie veiligheidssaak in Distrikspos aangespreek het, nadat daar ook ’* voorval by die einste geskiedkundige brug plaasgevind het en die reaksie van raadslid, Stuart Pringle daarop.
Hy het destyds bevestig dat ’* moniteringskamera by die brug aangebring is om die gebied te help beveilig.
Dit sal waardevol wees om te verneem of die kamera Coreen Fourie se voorval opgeneem het.
Dit sal ook help om ingelig te word hoeveel voorvalle al deur die kamera opgeneem is en of misdadigers as gevolg daarvan in hegtenis geneem en vervolg is.