Tweede en derde plekke behaal in tennistoernooi

Paul Roosers het onlangs aan die Maretha Burger se onder-15 gemengde tennistoernooi deelgeneem.Die Paul Roos onder-15 A-span het saam as gemengde span met Bloemhof deelgeneem en 2de gekom. Die Paul Roos B-span het saam met Rhenish as span deelgeneem en 3de plek behaal. Hier kan deelnemers van die onderskeie skole, Paul Roos, Bloemhof en Rhenish saam gesien word.