Hennie Gerber, Paarl
Ek wil as oud mediabeampte van die WP Stoeivereniging vir wie wyle Clifford Etzebeth verteenwoordig het, aan die leser vertel dat ek ’n goeie pad wat media stoeidekking vir meesterstoeiers aanbetref saam met hom gestap het in die media.
Ek het hom ontmoet op 1 November 1997 by die Andy Bell veterane stoei byeenkoms wat in Goodwood plaasgevind het. In Ermelo, toe ’n Suid-Afrikaanse Stoeikampioenskap daar plaasgevind het, waar die klein dingetjies in die lewe, wat my die meeste raak, ’n gebaar van Clifford was; hy het vir my ‘n koeldrank van ‘n bekende handelsmerk gekoop.
Omrede ek ’n sin vir regverdigheid het, het ek aan hom gesê: “Ek gaan na al die ander stoeiers se kampioenskappe, ek gaan Port Elizabeth toe om die meesterstoei in die Veremark Saal by te woon as deel van die Suid-Afrikaanse Meesterspele.” Toe sê hy: “Ja, kom kyk wat maak ons, ja.” Dit sê vir my hy waardeer dit.
Na sy afsterwe was ek in ’n telefoniese gesprek met die Oudhoof van SAUK Televisie (Sport), Mnr Jan Snyman, wie in die Strand woon. Ek het Mnr Snyman meegedeel van Clifford se woorde, waarop Mnr Snyman gereageer het: “Dis wonderlik.”
Na afloop van ‘n Wêreld Meestersstoeikampioenskap oorsee, het die Argus ‘n fotograaf uitgestuur na die lughawe, waarna die foto en ’n byskrif in die koerant was. Wat treffend was van die foto was die manier hoe hy die medalje vasgehou het.
Toe ek na afloop van die Abraham Geldenhuys WP Stoeikampioenskappe op Stellenbosch met hom ‘n klank onderhoud doen met Johan Rademan, gedurende sy Radio Sonder Grense sportprogram, het hy aan my gesê: “Laat ’n man sweet hier voor die radio”.
Nou ken die leser vir Clifford. As jy hom reg benader het, het hy met jou saamgewerk. Ek was teenwoordig by sy begrafnis met my “12th World Cadet Greco Roman Wrestling Championships, 1998” en Suid-Afrikaanse landkaart in die middel, op die hempsak en blou stoeier op die leeu se rug op die anderkant van die hemp en WP Stoei das, omdat hy deel was van die sport amateurstooi.