Gevolg deur die onlangse aankondiging deur president Cyril Ramaphosa dat buitelug-venues nou 50% vol mag wees, het die Suid-Afrikaanse Kaasfees hul kaartjiepryse verlaag asook ’n ekstra dag tot die feesprogram bygevoeg.
“Die President het ons ’n rede gegee om fees te vier, so nou kan mense dit aangryp,” het Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo en organiseerder van die SA Kaasfees gesê.
“Ons verwelkom die ekstra feesgangers met ope arms en is dankbaar dat ons hierdie besonderse ervaring teen ’n meer bekostigbare prys kan aanbied.”
Kaartjiepryse beloop nou R290 per persoon per dag ’n verlaging vanaf die oorspronklike R350 kaartjieprys per persoon, en feestye is vanaf 10.00 tot 18.00 daagliks.
Die SA Kaasfees vind plaas op Saterdag 23 en Sondag April 24, by Groote Post buite Darling aan die Weskus en op Saterdag April 30 en Sondag Mei 1 by Sandringham in Stellenbosch.
’n Ekstra feesdag is ook by die skedule bygevoeg op Maandag Mei 2 op Werkersdag by Sandringham.
Die SA Kaasfees bied jaarliks aan kaas liefhebbers geleentheid om ’n wye verskeidenheid kase te koop en te proe. Tesame met kaasdisse en tipes sal daar ook ’n uitgesoekte versameling bekroonde wyne, boetiekbier en -jenewer te proe wees.
’n Betowering van smake sal deur bekende glans-sjefs en wynkenners aangebied word en feesgangers kan toekyk hoe die sjefs disse optwoer, luister na hul voorstellings en proe teen geen ekstra koste.
Elke dag om eenuur sal sjef Tiaan Langenegger ’n voorsmakie van sy splinternuwe Tiaan Proe-televisieprogram gee saam met Ladismith Cheese, met sy akteurmaat Neels van Jaarsveld wat ’n draai aan sy tafel maak op Saterdag April 23 en Sondag Mei 1.
Sjef Isabella Niehaus, wat verlede jaar in Parys ’n toekenning vir haar kookboek Duinhuis gewen het, bring haar beroemde gerooktesnoek-kaaskoek saam.
Kom leer meer oor die pas en proe van wyn saam met kenners van die Chenin Blanc-vereniging, die Groote Post-wynmaker Lukas Wentzel en die jarelange SA Kaasfees-gunsteling, die oorspronlike glans-sjef Jenny Morris.
Kaartjies is beskikbaar by Webtickets en Pick ’n Pay en geen kaartjies sal by die hekke te koop wees. Daar is slegs ’n aantal kaartjies beskikbaar en alle kaartjies sluit die ontvangs van ’n eksklusiewe proeglas in.
Streng Covid-19 regulasies sal handhaaf word en besoekers ouer as 12 jaar oud sal versoek word om bewys van inenting te toon of Covid-19 negatiewe toets uitslag.
Vir meer inligting besoek, www.cheesefestival.co.za of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of admin@agriexpo.co.za