Die teoloog en oudmoderator van die Wes-Kaap en direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis, Dr Braam Hanekom, praat op volgender vergardeing van die Berg-en-Seeklub vir Seniors op Donderdag 6 Februarie om 9.30vm by die Moedergemeente, Andries Pretoriusstraat, Somerset-Wes. Dr Hanekom se toespraak is getiteld “Om met humor en hoop die nuwe jaar (dekade) te hanteer”. Die sopraan, Naomi Bell, tree ook op. Toegang is R10 vir lede en R15 vir besoekers. Kontak vir Trina van Schalkwyk op 021 854 4662 of 084 774 3532.