Elna de Lange, Strand
Op Woensdag 8 Januarie 2020, het ek die oggend my gebruiklike staproete in Kusweg gestap wanneer ek nie werk nie.
Met die verby stap by Strand Vismark by die pier, het ek mansstemme hoor sing.
Terwyl hulle die liedjie gesing het, kon jy hoor hoe krap hulle die visse skoon in die geboutjie so tussen die reuk van vis.
Ek kon hulle nie sien nie maar hulle liedjie wat hulle gesing het, het my teruggevoer na my Sondagskool dae, omtrent 58 jaar terug in die AGS Kerk op Graaff-Reinet.
Dit kom toe in my gedagte op, hier werk die mense om vis skoon te krap, esteties nie eers ‘n indrukwekkende werksplek en geure nie, maar harmonieus klink hulle stemme:
“Kom ons verheerlik Sy Naam
Kom ons verheerlik Sy Naam
Die mense verander maar Jesus nooit
Kom ons verheerlik Sy Naam!”
Welgedaan manne, dit is hierdie soort mense wat ek respekteer en wat my beindruk.
Styg uit bo jou omstandighede.