Strand Hoër atlete presteer

■ Vyf atlete van die Hoërskool Strand is, as gevolg van hul prestasies by die Wes-Kaap Ateletiekkampioenskappe wat Saterdag 9 Maart en Sondag 10 Maart in Paarl plaasgevind het, in die Weskaapspan opgeneem. Hulle sal van môre, Donderdag 22 Maart, tot Sondag 24 Maart, in Potchefstroom aan die Suid-Afrikaanse Skole Kampioenskap deel neem. Van links is, Marli Botha, Jada Dippenaar, Adriaan Kennedy, Caitlin Isaacs en Carli Swart.