Die Strand Biblioteekvriende vier op Saterdag 17 November presies 20 jaar van die biblioteek se belange op die hart te dra.
Daar sal ’* veiling van Africana en raar boeke wees, van 9.30vm tot 1nm, in die saal.
Daar sal verskeie werke van bekende digters soos Ingrid Jonker, Totius, Boerneef, Jan F Cilliers, CM Van der Heever en Eugene Marais wees, en skrywers soos Langenhoven, FA Venter, Uys Krige, Audrey Blignaut, AP Brink en Jan Rabie; daar is 21 titels van Lawrence Green; geskiedkundige-, politieke-, en taalkundige juwele ook onder die hamer.
Die oudste boek is geskryf deur M Von Horn: De Watergeuzen en andere verhalen wat in 1857 uitgegee is
’* Lys van items wat op die veiling te koop sal wees is beskikbaar op aanvraag by Anna-Marie, by 021 852 3277.
Die fondse wat deur hierdie verkope gegenereer word, sal weer in die biblioteek teruggeploeg word deur hoofsaaklik die aankoop van noodsaaklike biblioteekmateriaal.
Die Vriende se algemene jaarvergadering word op Woensdag 21 November, om 10vm, in die biblioteeksaal gehou.
Vir hierdie geleentheid sal die skrywer en bekende gemeenskapsleier, Ebrahim Rhoda, gesels oor sy navorsing en die twee boeke wat hy gepubliseer het: The Strand Muslim community: 1822 – 1966 en From slavery to citizenship: a walk through the history of a Strand community”.
Daar sal ook 20 geheime nommers getrek word met heerlike boekpryse vir die gelukkige wenners. Die publiek is hartlik welkom om die algemene jaarvergardering by te woon.
Vir verdere inligting kontak vir Anna-Marie, by 021 852 3277.