Straatmylfees in Stellenbosch

■ Die Eikestad se Straatmylfees vind plaas op Dinsdag 6 Maart, om 6nm, in Victoriastraat, Stellenbosch. Ses wedlope vind plaas, insluitend ’n skaatsplankafdeling. Tussen die wedlope word musiek verskaf en daar is ook vermaak. Die inskrywingsfooi is R30 en word gedoen voor Dagbreek Manskoshuis in Victoriastraat. Atlete spring bo in Victoriastraat weg.