Straatmylfees

 Die Eikestad se Straatmylfees vind vanjaar plaas op Dinsdag 6 Maart om 6nm in Victoriastraat, Stellenbosch. Ses wedlope vind plaas, insluitend ’n skaatsplankafdeling. Tussen die wedlope word musiek verskaf en daar is ook vermaak. Die inskrywingsfooi is R30 en word gedoen voor Dagbreek Manskoshuis in Victoriastraat. Atlete spring bo in Victoriastraat weg. Skakel met Francois Fouche by sel 0833685948 of by info@straatmyl.co.za vir meer inligting.