Antia De Stadler, Somerset West
Dit was met skok en teleurstelling dat ek Maandag moes toekyk hoe van die straatbome in Gordonweg aan die linkerkant (direk na die robot by Caledonstraat) so drasties gesnoei word.
Die outydse geharde Peperbome is nou byna nie meer die mooi ou skadubome nie, (their much needed shade in summer is now lost). Hulle is nou ’* jammerlike gesig teen wat hulle was.
Die bome se laag hangende takke kon net teruggesnoei word sonder hierdie drastiese snoei.
Vir drie somers het ek gesien hoe swaar hierdie bome oorleef onder drie baie droe winters.
En nou word hierdie onoordeelkundige “snoei” sommer so roekeloos toegelaat. Bome is so belangrik vir die mens en omgewing.
Daar is ’* mistieke band tussen mens en boom. Wilhelm Jordaan skryf in Die Burger dat “bome se asemhaling die alfabet van aanbidding bevat”.
Sal die Stad Kaapstad (City of Cape Town) nooit leer dat die snoei van bome deur deskundiges gedoen moet word nie?
Bolander has sent this letter to the City of Cape Town.