Ek gaan na werk na die nabygeleëde Mini Market om vir my ’n Apple Sourz vir die pyn te gaan koop.
Die Swede, die Engelse, Aussies, Brasilianers, Skotte en Duitsers, Dene, Oslo en die een Poolse pop het my kragte getap, vandag by die werk. By the way, die Poolse pop sou die Werchmacht se tenks in mekaar vas in laat rol het. Sweer waar, soos Bernabè sou se.
Anyway, daar stop ’n ou rooivaal Conquest en ’n lang bra met brille en ’n Purdey-like haarstyl klim uit. Sy sweetpakbroek hang laag asof hy daarin gebol het.
Hy sien vir Shorty alias Shareem een van die Bangladeshi’s wat die skip beman wat ook ’n kafee genoem word.
Hy loop hom tromp op en begin hom te vra oor die Bybel en sommige van die hoofspelers in die storie. My een voet is oppad huis toe maar hy trek terug en bly op die stoep. Lukas, of so sê hy, verduidelik dat hy gestuur is en hy wys na Bo, om dinge te verduidelik.
Ek skuifel nader sonder om oogkontak te maak. Hier kom ’n ware storie.
Lukas praat die Engels wat mense in Worcester praat. Meantime kom ons held, Jim Boy, oor die pad geFonz. Vanaf die informal settlement. Dik gerook en dik gesuip maar hy is dressed to kill want dis immers Sondag.
Hy don ’n Hawaii hemp en het boardshorts aan met ’n paar meirebekruipers. Sy keps sit windgat skief op sy kop. My Bru.
’n Springbok Atlas bussie ry hom amper in die Hiernamaals in, maar Jim Boy steier voort. Nou vra Lukas vir my vriend van die Subkontinent of hy weet wie Jesus is? En waar Jesus is? En wat Jesus se doel in sy lewe is? Jim Boy kom aan met sy dobberkoppie.
Hy groet my met ’n : “Awê, korrek my bru!”
Ek antwword met ’n : “Alles gaan nog according to plan!”
Hy loer na Lisbet wat op die stoep sit en ewe leedvermakerig: “Awe Lizzie, sit hom diep in Oubaas want ek is ’n lang meid!”
Die lang man met die hanggat wat lyk asof hy nou net vanaf die skuit in Galilea geklouter, het vra ons held in ’n begrafnis stem: “Do you know Him and do you know where He is?“
Jim Boy, kyk hom verbaas aan en dink dat hy praat van Hiriam, die Banghi wat die selfoonkiosk run binne die kafee en antwoord: ”Naai, my bru, I thunk he went to Kayamandi on his poegie to buy some Swazi Gold because why hy roek mos nie die k*k van ons nie!
“En bye the way, watch out, you can’t trust that skellumme bliksem!”